Attie van Wyk, Big Concerts se eienaar, het gister op RSG se Tjailatyd gesê hy onderhandel met Leonard Cohen se agent oor kon¬sertdatums vir April volgende jaar.
“Ek is baie positief dat die toer binnekort bevestig sal word, maar in dié stadium kan ek dit nie 100% bevestig voor die kontrak onderteken is nie...Watch this space,” het Van Wyk per e-pos gesê.
John Langford, Big Concerts se bedryfshoof, het gesê dit lyk waarskynlik dat ’n toer ’n werklikheid sal word.
Die 78-jarige sanger is tans op sy Old Ideas-wêreldtoer.
- Die Burger

